Van Vasdans en Val
As daar iets is wat ek nie eintlik kan doen nie is dit dans of eintlik vasdans, anders genoem sokkie. In my jeug kon ek fantastiese bewegings op die planke uitruk van my bewegings was aanskoulik en ander net bloot vermaaklik. Ek moet erken dat ek mal was oor hop-en-bob, maar om te beweeg na waar ‘n ander my stuur, was nog nooit my sterkpunt nie. Vasdans vereis vertroue en ‘n oorgawe van beheer en daarmee is ek nie goed nie. In my lewe het ek ‘n bittersoet verhouding met dans en probeer al van ‘n baie jong onderdom leer hoe om my liggaam in harmonie met die musiek te beweeg, maar sukses is nie altyd myne nie. Ek dink ek was in graad een of klas een in daardie dae, toe ek begin het met balletlesse. My ma het gedink dat dit ‘n goeie manier vir my sal wees om myself uit te druk. Ek was ook op daardie stadium so ‘n maer tinktinkie dat om te tol en te draai die natuurlike keuse vir my was. Ek het dit baie geniet en goed gevaar in my aanvanklike eksamens. My dansjuffrou het ook vir m...