Om te onthaal is moeilik.
Om te onthaal is moeilik By ‘n onlangse onthaal is ek en etlike ander gevoed, nie op twee vissies en vyf brode nie, maar met heerlike voorgereggies, ‘n hoofgereg en etlike hemelse happies vir nagereg. Ek het oorkant my hoof en adjunk gesit en die gesprek het onwillekeurig na kos en eetgewoontes verskuif. Dit blyk al ‘n brandende tema te wees sedert Twiggie. Ek het niksvermoedend en sonder filters aan hierdie gesprek begin deelneem. My man het my al gewaarsku: “Daar is iets soos pragmatisme, Karen”. Ek luister mos nie. Die vraag is aan my gestel: Wat eet jy vir ontbyt? Hierdie vraag is diep en persoonlik en op die oomblik vou ek soos ‘n pokerspeler met ‘n slegte hand. “Niks,” sê ek. “Ek is te gespanne om te eet.” Onmiddelik sien ek die wenkbrou van die Adjunk lig – natuurlik gefokus op die woordjies “te gespanne.” Hierdie gesprek kan nou enige rigting inslaan. Ek kan gevra word hoekom ek gespanne is. Ek kan gevra word oor die voeding van my kinders, óf ek kan gevra word, soos ek...