Die Mens leer nie...
Die Mens leer nie… “Juffrou! Juffrou, hoekom moet ons van die geskiedenis leer nie? Die mense is in elkgeval almal dood.” Hierdie kwelvrae vrae en insiggewende opmerkings is ‘n daaglikse bederfie vir ‘n geskiedenisonderwyser. Dit grens aan die stellings wat taalonderwysers moet aanhoor: “Hoekom moet ons Afrikaans leer? Ons praat dit dan elke dag.” Jy kan probeer om aan die kind te verduidelik dat jy die foute van die verlede wil identifiseer sodat jy dit in die toekoms kan vermy of groei as samelewing. Jy weet egter dat daar geen antwoord is, wat jy moontlik vir die kind kan gee om die kwelvraag te beantwoord nie, wat nie met ‘n ewe domastrante respons ontvang sal word nie. Gewoonlik, sug jy net diep en raak sommer bietjie moeg met die wete dat hierdie leerder voor jou in die klas ‘n bloudruk van die deursnit mens is. Die ding is, die mens leer nie en as daar geleer word, is dit ‘n besondere stadige proses. Kyk, ek praat nie van somme maak en robotte bou en kunsmatige intelligen...