Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2026

Die barmhartige Samaritaan

Prent
 Die Barmhartige Samaritaan Ek gaan nou ver terug in my eie lewe, die skrikwekkende is dat dit amper dertigjaar gelede is. Ek gaan so bietjie uit my ervarings uit en oor die dinge wat ek destyds studeer het, praat. In hedendaagse akademie is dit gedateer, intussen het hulle slimmer geword en wat ek studeer het, pas nie noodwendig by moderne temas in nie. Tog, wil ek vandag met jou en ander gedateerde mense oor die “Gelykenis van die barmhartige Samaritaan” praat. Ek het, soos ek gesê het dertigjaar gelede, my sogenaamde Meestergraad in Nuwe Testament en die 'Opdrag tot Vyandsliefde' voltooi. Ek het die evangelies bestudeer en oor dit en dat van die Matteus evangelie gelees. ‘n Interessante meevallertjie wat ek in die verlede raak gelees het is dat hulle die eeu na die dood van Jesus beskou het as ‘n periode van formatiewe Judaïsme. Soos dit vir my in my studie geklink het, was daar in die eerste eeu na Christus baie kompetisie oor wie oor die ware interpretasie van die Wet be...

"Die oggend stond het goud in die mond."

Prent
 "Die oggend stond het goud in die mond." My wekker het,  soos baie ander oggende, weer vanoggend vieruur afgegaan. Ek het dit doodgedruk, soos ek moet. Dit is net die pre-alarm – die een wat my uit my diep slaap lig en herinner dat die wekker weer oor ‘n halfuur gaan alarm maak. Jou waarlik waar oor dertig minute dreun die mobiele toestel langs my bed weer, Hierdie keer lig dit my in dat ek nou `n besluit moet maak of ek nog wil lê en waarskynlik laat gaan wees en of ek die knusheid van my bed wil verlaat om ‘n dinamiese oggend voëltjie te wees – slaggereed vir die dag. Dit is ‘n mooi gedagte, maar ek druk die ding dood en nou beweeg ons in die tien minute vir tien minute alarm en dit hou vir hele halfuur aan. Teen vyfuur staan ek op, maar die warm van die duvet sit nog aan my lyf. Bas, my Golden Retriever, hyg al ‘n geruime tyd en die donker dame, Sofia, se vinnige tree op-en-af in gang is hoorbaar aan die geritsel van haar toonnaels. Ek is nog onvas op my voete en die na...

Vind `n mens God in die gewone of vergestalt God in die gewone, dit is die vraag?

Prent
  Vind `n mens God in die gewone of vergestalt God in die gewone, dit is die vraag? Hierdie stukkie is persoonlike refleksie na lange stilwye en mag die lesers my eie waan en gevoeligheid vergewe soos ek opnuut besin oor die titel van my Blog en boek, God in die Gewone.   Jô, dit is weer Sondag en ten minste is die skottelgoed gewas en meeste van my klere hang aan ‘n hanger. My huishouding voel bietjie asof dit vinnig met superglue aan mekaar gegom is, maar ten miste lyk my tuin netjies na `n Saterdag se harde werk. My maand se loon het soveel van my geëis oor die afgelope twee tot drie jaar dat die gewone in my lewe agterweë gelaat is, maar terselfdertyd om aandag begin skree het. Trouens dit is nie net die gewone nie, maar eintlik ek wat begin voel het dat ek verdwyn tussen die moet doen take en die moet teenwoordig wees take. My waarneming en waardering vir die alledaagse het heeltemal verdwyn. Onlangs is ek bewus gemaak van ‘n boek met die titel “Vind God in die gewo...