Die pienk rok
Die pienk rok. My ouma het so ‘n cherise pienk huisrok gehad wat sy altyd as sy nie lus was om moeite te doen nie, gedra het. Dit was nie die mooiste rok nie en het geen spesiale stelling gemaak nie, behalwe GEMAK! Die rok het nie vorm aan haar liggaam verleen nie. Die armholtes was bietjie groter gesny sodat ‘n luggie vrylik kon deurtrek sodat sy maklik kon afkoel as die tempratuurskommeling van die ouderdom intree. Die rok het net bo die knie gesit, sodat daar nie iets was waaroor sy, as sy kierie in hand by die gang afskuifel, kon pootjie nie. In daardie rok het my ouma ontspan oor haar ouderdom en ongemak van haar lyf. Ek en my ouma het ‘n verhouding gehad wat min of meer die vorm aangeneem het wat baie betekenisvolle verhoudings in haar lewe aangeneem het, naamlik dat ons baie gestry het. Ek het in my jeug werklik daardie pienk rok verpes. Ek het gevoel dat die ou katoenrokkie nie geskik is om enigiewers gedra te word nie. Ek sou nooit durf om dit vir haar te sĂȘ, w...