Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2020

Almal se sin het 'n punt nodig!

Prent
  "Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag." (Psalm 23: 2-3) Almal se sin het ‘n punt nodig. Ek skitter nou nie juis in leesteken gebruik nie. Ek sukkel om te weet of ‘n woord los- of vasgeskryf word.   Ek is haastig en wil kommunikeer, in die proses is ek agtelosig met my komma’s en kommapunte verstaan ek nog nooit nie, maar ek weet hul bestaan, soms vergeet ek van ‘n vraagteken en redeneer my leser is slim genoeg. Die een leesteken waaroor ek seker is, is ‘n punt. Almal se sinne het ‘n punt nodig – ons het almal nodig om te weet wanneer om te stop... of om net bloot, weens die vereistes en reĆ«ls aan sinne, gedwing te word om te pouseer, vertoef en selfs vir altyd stil te bly. Daar is verskillende tipe sinne: Daar is sinne wat baie beskrywend is vol byvoeglike en bywoordelike bepalings en ook bysinne wat konteks wil skets. Hierdie sinne val hulself soms in die rede, net om by die komma weer asem te skep. As die gebruikers van sulke sinne uiteindelik...