Weet dat jy werklik werklik is.
Foto: Marie du Plessis Weet dat jy werklik, werklik is. “Can you surround me, so I’ll know that I am really real.” – Bob Dylan As ek die dag voel dat die lewe begin om so vinnig om my te spin dat ek die kans staan om los te skeur van dit wat my geanker hou, hou ek daarvan om na Bob Dylan te luister. Sy onmelodiese stem, wat vir sommige na niks anders as ‘n gekerm klink nie, en sy oënskynlik sinnelose gerymmelary balanseer die onstuimigheid in my gemoed uit. Dit is daardie “wit geraas” vir my siel. Dit is dan as ek rustiger raak wat sy lirieke deurdring na my en ek die hartseer, die woede, die liefde en soms net die laf van sy liedjies begin begryp. Ek luister gister na ‘n minneliedjie en die slotwoorde van die liedjie, “can you surround me, so I’ll know that I am really real”, het wortel geskiet in my siel. Dit het my laat besef dat ons vanjaar deur 'n pandemie en paniek, tot ‘n groot mate, van ons sin van real -wees beroof is. Ons is beroof van ons vaste bakens: die...