Alleen uit genade.
Alleen deur Genade. Onlangse gebeur in my lewe, en dit het niks te doene met Covid nie, dwing my om te worstel met die vrae: Hoekom? Wat is genade? Is daar iets soos geregtigheid? Om hierdie vrae in hierdie tye te vra kan ‘n persoon soms verslae laat en dalk Godverlate laat voel, want dit wat jy dink die antwoord moet wees, klop net nie. Dit maak nie sin nie. Waar is jou God wat die goeie wil? Waar is jou beskermende hand? Hoekom word jy nie geseën nie? Hoekom is dit die mees brose in die samelewing wat altyd uitgebuit en misbruik word? Hoekom word kinders nie beskerm van die bose nie? Hierdie is vrae waarmee ek worstel. Verbasend genoeg, voel dit vir my asof ek tog geantwoord word, maar die antwoord is nie ‘n maklike een nie. Ek dink tans aan die verhaal van Adam en Eva en die Boom van Kennis van Goed en Kwaad. Ek dink aan Abraham wat sy seun Izak gevat het om te offer. Ek dink aan die verhaal van die duiwels wat in die varke ingedryf word en ek dink aan Jesus wat die groo...