Wie is ek?
Wie is ek? Ek is ‘n gelowige: Ek glo in God en Genade; Ek glo in medemenslikheid en kompassie; ek glo in sorg en beskerm; ek glo in Lewe Ek is ‘n Afrikaner, maar nie ‘n boer dogter nie, ek hou van my baie moderne en eg kreoolse taal, ek hou van hoe jy net behoorlik hardegat in hom kan wees, ek hou van hoe my taal my behoefte na isolasie, maar ook Vryheid verstaan, Ek hou van hoe my taal my op ‘n bittersoet wyse in skaamte en met trots, bind aan die grond en aan die ander hier op die kontinent van Afrika. Ek is ongelukkig ‘n kleur, wit of is dit nou perske en soms ‘n bietjie blou. Ek kan nie my skakering, disposisie, my herkoms en gedeelde geskiedenis met Europa en koloniale onderdrukking ontken nie, ek is met skuld, tog dankbaar vir die reddingsboeie wat dit aan my toekoms gebied het, want verwerskind en hoedemaaksters sou ek nie wou bly nie. Dit is egter my kleur wat die aarde onder my voete lava maak en my pogings om te kommunikeer, uit te reik en by te dra ...