“Lets go fly a kite up to the highest height. Up where the sky is clear…”
“Lets go fly a kite up to the highest height. Up where the sky is clear…” Diegene wat ook in die pre-videomasjien era op die mat gelê en kyk het na die beelde van 'n rolprent wat op 'n groot wit laken teen die muur speel, sal weet dat hierdie sinnetjie uit die slot liedjie in die film, Mary Poppins, kom. Die film eindig soos ‘n tipiese Walt Disney op ‘n vrolike noot met die pa wat sy kinders park toe vat om hul vlieërs te vlieg. Hierdie idilliese toneeltjie is die versoeningstoneel tussen pa en kinders. Die kinders leef egter deur die verloop van die film in vervreemding van hul ouers. Die Pa is so beïndruk met sy werk, sy huis, sy netjiese gesinnetjie, sy pakklere, hoed en sy posisie as man ( die hoogtepunt van God se skepping). Die Ma is so gefrustreerd daarmee om die patetiese vrou te wees dat bewegings soos die Suffragettes haar lewe sin gee, maar haar kinders is vergete. Hierdie ou filmpie uit 1965 is op soveel vlakke relevant tot die konteks waarin ...