Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2022

Hoekom het jy bestaan jou boggelrug-spoegbek-sussie van my?

Prent
  My boggelrug-spoegbek-sussie was twee jaar my mindere om mee te begin.   Ons het albei gedy, gekruip, gespeel en die gewone paadjie van die lewe begin volg. Op drie het ek haar egter agtergelaat en my   grootword alleen voortgesit en sy het steeds daar op die bed bly lĂȘ met die doek aan en die spoegborreltjies om haar mond hoeke. Siekte en koors het veroorsaak dat die hekke van Eden vir haar toe gemaak is, amper sestien jaar het sy geword voor sy my finaal gegroet het, die sussie van my. My ma het vier dogters gehad en van ons almal was sy die mooiste.  Haar velletjie was regtig so wit soos sneeu en haar lippies rooi. Haar hare was nou wel nie die kleur van ebbehout nie, maar ‘n baie donker bruin. Sy was ‘n ware sneeuwitjie, maar haar liggaam was egter ‘n post-moderne konstruksie van ongemaklike hoeke en boggels - ‘n kombinasie van skoonheid en disfunksie. Dit is wat sy was, daardie lyfie op die bed of in die stoel.  Die enkelle woordjies wat sy eens gespree...