'n Wegglippie

‘n Wegglippie… Ons het almal daardie ruimtetjie waar jy dink jy kan gaan sit en sielerus vind, wegglip van die verpligtinge en onaantasbaar in jou enigheid die geluide van die lewe, ‘n afstand van jou af aanhoor. So, is ek ‘n rukkie terug van eksamentoesig verlig. Ek loop ‘n draai en rek my bene, net om onverwags ‘n bankie te sien, effens versteek, maar tog aan die een kant verlig deur die lui-warm winterson. Die bankie het my naam geroep. Ek sit en krap deur my handsak vir my Granny Smith en 'n sakmessie om haar dik, groen, suur, skil mee af te skil. Het ek nou in die personeelkamer gesit en die geure van ander se middagetes geruik, sou my Granny Smith, maar baie beskeie, amper spartaans vertoon het. Hier, op my weggesteekte bankie in die sonverligte hoekie vertoon haar skil lower en ryk – ‘n koningsfees! Ek vind my messie nie... Ag wat ek sal net die murg uit haar byt. My tande knars deur haar vlees ...