Plasings

Wys tans plasings vanaf 2024

Om Paasfees te dekoloniseer...

Prent
  Om Paasfees te dekoloniseer… Jô, hier bevind ek my in warm water, veral by diegene wat moeg is vir die woord dekoloniseer. Ek word vanoggend wakker op Goeie Vrydag en let op dat die son lui geword het en al langer neem om agter die berge op te kom. Ek sien die plante in my tuin wat net te graag hul somer tooisels wil afskud en ‘n bietjie gaan rus. Ek voel die spanning in my van ‘n jaar wat reeds goed opdreef is. Tog, vier ek vandag die begin van die Paasnaweek. Vir baie die eintlike hoogtepunt van die kerkkalender. Paasfees bring ‘n boodskap van vergifnis, genade en ‘n baie belangrike wedergeboorte. In Europa, het die viering van hierdie Christelike tradisie parallel begin loop aan die eeue oue viering van die natuurgodin van lente, Eostre. Dit is hoe ons daarby uitgekom het om hasie op alles te teken en kleurvolle eiers in die tuin te soek. Hasies is geensins so volop in Afrika nie en in Australië was die kreatuurtjies vir lank ‘n uitheemse verpesting. In Europa maak die sam...

Moderne Slawerny

Prent
  Moderne slawerny Van oggend vroeg tot laataand toe sloof jy jou af aan die saak persoonlike tyd is ‘n algemeen aanvaarde taboe, maar vir hulle is j óú geluk wat jy daarvan maak. Daar was eens ‘n tyd wat jy die voëltjies aan jou venster hoor tik het, En die goddellike altyd om jou ‘n werklike geword het. Nou sit jy vasgespyker tussen vorms en tegnokratiese gerondslomp, vir die blinker toekoms net ‘n kyker, ‘n dienaar van die stelsel, die vanguard en die hele klomp. Om eendag opgebruik en leeggesuig niks van liefde, vreugde en vrede te kan getuig.