Moderne Slawerny

 



Moderne slawerny

Van oggend vroeg tot laataand toe
sloof jy jou af aan die saak
persoonlike tyd is ‘n algemeen aanvaarde taboe,
maar vir hulle is j
óú geluk wat jy daarvan maak.

Daar was eens ‘n tyd
wat jy die voëltjies aan jou venster hoor tik het,
En die goddellike altyd
om jou ‘n werklike geword het.

Nou sit jy vasgespyker
tussen vorms en tegnokratiese gerondslomp,
vir die blinker toekoms net ‘n kyker,
‘n dienaar van die stelsel, die vanguard en die hele klomp.

Om eendag opgebruik en leeggesuig
niks van liefde, vreugde en vrede te kan getuig.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die barmhartige Samaritaan

Vind `n mens God in die gewone of vergestalt God in die gewone, dit is die vraag?

Die sagte rimpeling van verandering...