Om Paasfees te dekoloniseer...
Om Paasfees te dekoloniseer… Jô, hier bevind ek my in warm water, veral by diegene wat moeg is vir die woord dekoloniseer. Ek word vanoggend wakker op Goeie Vrydag en let op dat die son lui geword het en al langer neem om agter die berge op te kom. Ek sien die plante in my tuin wat net te graag hul somer tooisels wil afskud en ‘n bietjie gaan rus. Ek voel die spanning in my van ‘n jaar wat reeds goed opdreef is. Tog, vier ek vandag die begin van die Paasnaweek. Vir baie die eintlike hoogtepunt van die kerkkalender. Paasfees bring ‘n boodskap van vergifnis, genade en ‘n baie belangrike wedergeboorte. In Europa, het die viering van hierdie Christelike tradisie parallel begin loop aan die eeue oue viering van die natuurgodin van lente, Eostre. Dit is hoe ons daarby uitgekom het om hasie op alles te teken en kleurvolle eiers in die tuin te soek. Hasies is geensins so volop in Afrika nie en in Australië was die kreatuurtjies vir lank ‘n uitheemse verpesting. In Europa maak die sam...