Plasings

Wys tans plasings vanaf 2025

Die Geseëndes

Prent
 Die Geseëndes Geseënd is al die juffrouens van die verlede (...en die hede), wie se lewens deur netbal- of hokkieballe geboei is, wat kinders brei om in fromasie te gedy, want aan julle behoort die sier van die spel en die oomblikke wat vir elke kind en ouer tel. Geseënd is al die juffrouens van die verlede (…en die hede), vir wie ure wegraak, soos hul met fyne analise les en vraestel voorberei, want aan julle behoort die waters van vrede en ‘n toekoms geskoei op rede. Geseënd is al die juffrouens van die verlede (… en die hede) wat alleen, sonder kind of kraai, ewigheidswerk doen en elke dag leef in geloof dat hul daarwees `n kind kan red van wanhoop en vrees, want aan jul behoort die liefde van die Groter Gees. Geseënd is al die juffrouens van die verlede (… en die hede) wat met hul durf, sorg en deursettingsvermoë soveel mense se lewe geraak het, want aan jul woorde en dade grens ‘n ewigheid en die wete dat dit nooit sal vergaan in vergetelheid.

Van vergroeide graf tot graf: Die vergete vroue-voetspore deur ons erfenis.

Prent
Ek het jare terug my feministiese bokshandskoene opgehang, nie uit ‘n besef of bewuswording dat die uitgediende manlike idioom dominant is en aanvaar moet word nie. O! Nee genugtig daarmee sal ek nooit kan verlief neem nie. Ek het hoeka ‘n hele paar mane gelede ‘n manlike kollega gehad wat die meer jeugdige Karen eenkant toe getrek het en haar die lig rakende haar dwalinge wou laat sien. Ek is eenvoudig vertel dat daar geen manier is hoe die vrou ooit meer as ‘n tuisteskepper kan wees nie. Hoewel die man ‘n stewige boks op die neus verdien het, het ek hom net met neerbuigende verdriet aangehoor. Nie te min my feministiese bokshandskoene hang aan die hak omdat ek deeglik besef dat  man en vrou  eintlik deel van dieselfde asem is. As ek egter gekonfronteer word met verhale van die vroue van die verlede oorval ‘n hartseer my en ‘n vlam word in my aangesteek om hulle verhaal tog ook in al haar glorie (vanuit my perspektief) te wil vertel. Ek is tans besig om die geskiedenis va...

Die sagte rimpeling van verandering...

Prent
  Dit is elfuur op die vooraand van nog ‘n nuwe jaar en ek sê vir my dogter goeie nag. Ek was nog nooit groot op wakker bly deur die aand, net om die volgende jaar wat voel soos hierdie jaar in te lei nie. Sy maak ‘n grappie en sê: “Mamma moet lekker slaap en ek sien Mamma volgende jaar.” Volgende jaar is mos altyd die jaar met die belofte, die jaar wat soveel beter as hierdie jaar gaan wees. Volgende jaar het die groener gras. Die probleem met ouer word, is dat jy ‘n tamheid ontwikkel vir nuwe jaarswense aangesien die werklikheid dat die volgende jaar heel moontlik niks beter gaan wees as die huidige jaar nie, al vir jou baie duidelik geword het. Al wat jy eintlk met sekerheid kan sê, is dat dit dieselfde maar anders gaan wees. Tog as ek my lewenstamheid daar laat en terugkyk oor die laaste dertig jaar se nuwe jaarswense kan ek nie help om te glimlag vir die gewaarwording dat verandering stadig, amper onsigbaar oor ons gerimpel het nie. Sonder dat ons dit besef, staan ons vandag...