Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2020

God in die gewone

Prent
Die Here se toe vir Moses: “Ek het die verset van die Israelite opgemerk. Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.” Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit.                                                             Eksodus 16: 11-13 God in die gewone As mense godsdiens pleeg is hulle altyd op soek na die asemrowende. Hulle wil snak na hul asems en iets groter as groot ervaar. Die waarheid, die sin van die lewe, die kennis van goed en kwaad moet altyd met luide tromme en trompet-gesang aangekondig word. Dit kan nie net rustig na jou toe aan rimpel, oor jou spoel en jou net saggies amper onsigbaar deelmaak daarvan nie. Dit is nie in die asemro...

Boekevat

Prent
Boekevat My ma was ‘n enkelmoeder en onderwyseres in die dae toe skole nog oorheers is deur ‘n sterk patriargale stelsel. Nee, wat praat ek dit was nie net die skool nie, maar die kerk en hele samelewing ook.   Die hemel en hel was nog nooit so naby aan ons, soos in daardie dae nie.   Dit is hoekom kerk toe gaan en jou saak reghou vir die onvoorsiene so belangrik was. Ongelukkig was my ma oorweldig deur haar lewe, as onderwyser het sy elke dag skool toe gejaag en laat huis toe gekom. Saterdae was gevul met sport en Sondae was nou regtig die eerste dag in die week wat sy bietjie kon inlê, maar o weë, die kerk – daarvoor was ons ook dikwels laat. Nou het my ma ook drie dogters en ‘n ou gestremde enetjie gehad en hulle moes op die smalweg gehou word.   Om haar plig na te kom het sy ons dan Sondagskool toe gery.   Ons het buite gesit, soos die stouterts wat nie verby die hekke van die hemel kan sien nie.   As die kerk klaar was, het ons mooitjies saam met die st...

"Sê nie nog 'n woord nie"

Prent
Ek het besluit om weer 'n paar van stukkies wat ek op hierdie Blog gehad het, weer te plaas. Die baie werklike moontlikheid bestaan dat die stukke binnekort in 'n boek sal verskyn. DIt is hoekom ek die afgevat het, maar ek dink tog van my kommentaartjies en staaltjies van hoe mens God in jou alledaagse lewe, in die gewone om jou ervaar, is nou meer relevant as ooit. Die Afskeid Sê nie nog ‘n WOORD nie. Daar is niks in die lewe wat mens so magteloos kan laat soos die ellende van ‘n ander nie. Dit is eintlik ‘n ongemaklike ding. Dit is soos om tiener te wees as jou bene en arms op verskillende stadiums buite verhouding lank is. Die ergste van ‘n ander se ellende is dat jy tot byspeler gereduseer word.   Dit is dikwels jou drang om nie onbelangrik te wees nie wat mens op ‘n baie lomp manier noop om te probeer om een of ander kitsoplossing te soek of met behulp van getroue godsdienstige clichès vertroosting te probeer bied. ‘n Regte staatmaker met die aanskoue of aanhoor van ...