Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2026

’n Aronskelk groei te midde van die vullisverwyderingsdiens

Prent
 Vandag se stukkie gaan uit aan almal wat al diefstal beleef het en begroet is met die vraag: Het jy versekering? Diefstal was nogal 'n gereelde belewenis in my jonger jare. Dit skud jou en laat jou rou, want jy kan eintlik nie verstaan, hoekom iemand dit aan jou wou doen nie. Versekering help nie om antwoorde op daardie vrae te gee nie. ’n Aronskelk groei te midde van die vullisverwyderingsdiens Jare gelede het ʼn verskriklike ding my oorgekom. My munisipale vullisdrom het verdwyn … Ek weet julle mense dink: “O liewe, watter geborge lewe leef sy nie as sy hierdie klein ongerief as ‘verskriklik’ beskryf nie.” Ek hoor julle. Daar is moorde by die dosyne, plaasaanvalle, kapings, gewapende roof en verkragtings te kies en te keur hier in ons land. Dit is half ʼn klap in die gesig van daardie geweldsmisdade as ek die verdwyning en moontlike ontvoering van my vullisdrom in hul klas plaas. Eintlik tog nie, want die beginsel van misdaad, ongeag hoe erg dit is en hoeveel bloed gevloei het, bl...