Plasings

Die sagte rimpeling van verandering...

Prent
  Dit is elfuur op die vooraand van nog ‘n nuwe jaar en ek sê vir my dogter goeie nag. Ek was nog nooit groot op wakker bly deur die aand, net om die volgende jaar wat voel soos hierdie jaar in te lei nie. Sy maak ‘n grappie en sê: “Mamma moet lekker slaap en ek sien Mamma volgende jaar.” Volgende jaar is mos altyd die jaar met die belofte, die jaar wat soveel beter as hierdie jaar gaan wees. Volgende jaar het die groener gras. Die probleem met ouer word, is dat jy ‘n tamheid ontwikkel vir nuwe jaarswense aangesien die werklikheid dat die volgende jaar heel moontlik niks beter gaan wees as die huidige jaar nie, al vir jou baie duidelik geword het. Al wat jy eintlk met sekerheid kan sê, is dat dit dieselfde maar anders gaan wees. Tog as ek my lewenstamheid daar laat en terugkyk oor die laaste dertig jaar se nuwe jaarswense kan ek nie help om te glimlag vir die gewaarwording dat verandering stadig, amper onsigbaar oor ons gerimpel het nie. Sonder dat ons dit besef, staan ons vandag...

Om Paasfees te dekoloniseer...

Prent
  Om Paasfees te dekoloniseer… Jô, hier bevind ek my in warm water, veral by diegene wat moeg is vir die woord dekoloniseer. Ek word vanoggend wakker op Goeie Vrydag en let op dat die son lui geword het en al langer neem om agter die berge op te kom. Ek sien die plante in my tuin wat net te graag hul somer tooisels wil afskud en ‘n bietjie gaan rus. Ek voel die spanning in my van ‘n jaar wat reeds goed opdreef is. Tog, vier ek vandag die begin van die Paasnaweek. Vir baie die eintlike hoogtepunt van die kerkkalender. Paasfees bring ‘n boodskap van vergifnis, genade en ‘n baie belangrike wedergeboorte. In Europa, het die viering van hierdie Christelike tradisie parallel begin loop aan die eeue oue viering van die natuurgodin van lente, Eostre. Dit is hoe ons daarby uitgekom het om hasie op alles te teken en kleurvolle eiers in die tuin te soek. Hasies is geensins so volop in Afrika nie en in Australië was die kreatuurtjies vir lank ‘n uitheemse verpesting. In Europa maak die sam...

Moderne Slawerny

Prent
  Moderne slawerny Van oggend vroeg tot laataand toe sloof jy jou af aan die saak persoonlike tyd is ‘n algemeen aanvaarde taboe, maar vir hulle is j óú geluk wat jy daarvan maak. Daar was eens ‘n tyd wat jy die voëltjies aan jou venster hoor tik het, En die goddellike altyd om jou ‘n werklike geword het. Nou sit jy vasgespyker tussen vorms en tegnokratiese gerondslomp, vir die blinker toekoms net ‘n kyker, ‘n dienaar van die stelsel, die vanguard en die hele klomp. Om eendag opgebruik en leeggesuig niks van liefde, vreugde en vrede te kan getuig.

The realness of sacrifice.

Prent
  The realness of sacrifice I was still grading papers when it dawned on me that we are heading towards the Easter holidays and in the South African context this is for many reasons a sports holiday. Schools send their netball, hockey, and rugby teams off to compete in pre-season tournaments. Easter egg hunts are arranged for the holiday. Anyway, I was thinking this is sad because again we become preoccupied with other things on the most sacred of Christian holidays. It was then that I thought it would be a good idea if the staff of my school gets sent off on holiday with some food for the soul. I contacted our music department and asked those more gifted than me to perform something for the staff. They decided to sing the song, Christ has no body now but yours. I wanted to prepare some profound words to introduce the song. I read a little on the topic. Nothing I read felt real to me, it felt like words. Yes, many books and countless words have been written and spoken on the c...

Hoekom het jy bestaan jou boggelrug-spoegbek-sussie van my?

Prent
  My boggelrug-spoegbek-sussie was twee jaar my mindere om mee te begin.   Ons het albei gedy, gekruip, gespeel en die gewone paadjie van die lewe begin volg. Op drie het ek haar egter agtergelaat en my   grootword alleen voortgesit en sy het steeds daar op die bed bly lê met die doek aan en die spoegborreltjies om haar mond hoeke. Siekte en koors het veroorsaak dat die hekke van Eden vir haar toe gemaak is, amper sestien jaar het sy geword voor sy my finaal gegroet het, die sussie van my. My ma het vier dogters gehad en van ons almal was sy die mooiste.  Haar velletjie was regtig so wit soos sneeu en haar lippies rooi. Haar hare was nou wel nie die kleur van ebbehout nie, maar ‘n baie donker bruin. Sy was ‘n ware sneeuwitjie, maar haar liggaam was egter ‘n post-moderne konstruksie van ongemaklike hoeke en boggels - ‘n kombinasie van skoonheid en disfunksie. Dit is wat sy was, daardie lyfie op die bed of in die stoel.  Die enkelle woordjies wat sy eens gespree...

Laat daar Lewe wees.

Prent
  Laat daar Lewe wees. Ons het almal daardie dingetjies wat met ons gebeur wat ons konstant kan herinner aan die sloer van die lewe. Die outomatiese hek van ons erf het byvoorbeeld gebreek... al ses maande terug. Ek en my man, glo dit of nie, was te besig om iemand te soek om te bel om dit reg te maak. Nou klim ek maar soggens, smiddags en saans uit die motor en gaan maak daardie hek met ‘n gebeur en gesteun oop en toe. Die ander dag om halfses die oggend is ek weer besig om die hek oop te maak vir die soveelste keer. ‘n Klein Jakkalsie glip in en die stemmetjie mor:  Hoekom kon my man nie, maar net iemand al gebel het om die hek reg te kom maak nie? Ek is moeg, die jaar was besonder lank en ek was só besig dat elke dag bykans ‘n 14 uur-werksdag was. Ek het myself, in ‘n blinde geloof dat dit goed vir my beroep is, daartoe verbind om matriekantwoordskrifte na te sien en dit is toe waarheen ek oppad was. Nog ‘n twaalfuur skof van sewe tot sewe. Dit was dag tien van nasien...

My vrouedag boodskap oor 'n Janfrederik van alle dinge...

Prent