Laat daar Lewe wees.
Laat daar Lewe wees. Ons het almal daardie dingetjies wat met ons gebeur wat ons konstant kan herinner aan die sloer van die lewe. Die outomatiese hek van ons erf het byvoorbeeld gebreek... al ses maande terug. Ek en my man, glo dit of nie, was te besig om iemand te soek om te bel om dit reg te maak. Nou klim ek maar soggens, smiddags en saans uit die motor en gaan maak daardie hek met ‘n gebeur en gesteun oop en toe. Die ander dag om halfses die oggend is ek weer besig om die hek oop te maak vir die soveelste keer. ‘n Klein Jakkalsie glip in en die stemmetjie mor: Hoekom kon my man nie, maar net iemand al gebel het om die hek reg te kom maak nie? Ek is moeg, die jaar was besonder lank en ek was só besig dat elke dag bykans ‘n 14 uur-werksdag was. Ek het myself, in ‘n blinde geloof dat dit goed vir my beroep is, daartoe verbind om matriekantwoordskrifte na te sien en dit is toe waarheen ek oppad was. Nog ‘n twaalfuur skof van sewe tot sewe. Dit was dag tien van nasien...