Die Geseëndes

 Die Geseëndes


Geseënd is al die juffrouens van die verlede
(...en die hede),
wie se lewens deur netbal- of hokkieballe geboei is,
wat kinders brei om in fromasie te gedy,
want aan julle behoort die sier van die spel
en die oomblikke wat vir elke kind en ouer tel.

Geseënd is al die juffrouens van die verlede
(…en die hede),
vir wie ure wegraak,
soos hul met fyne analise les en vraestel voorberei,
want aan julle behoort die waters van vrede
en ‘n toekoms geskoei op rede.

Geseënd is al die juffrouens van die verlede
(… en die hede)
wat alleen, sonder kind of kraai, ewigheidswerk doen
en elke dag leef in geloof
dat hul daarwees `n kind kan red van wanhoop en vrees,
want aan jul behoort die liefde van die Groter Gees.

Geseënd is al die juffrouens van die verlede
(… en die hede)
wat met hul durf, sorg en deursettingsvermoë
soveel mense se lewe geraak het,
want aan jul woorde en dade grens ‘n ewigheid
en die wete dat dit nooit sal vergaan in vergetelheid.




Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die sagte rimpeling van verandering...

Hoekom het jy bestaan jou boggelrug-spoegbek-sussie van my?

Van vergroeide graf tot graf: Die vergete vroue-voetspore deur ons erfenis.