Plasings

Wys tans plasings vanaf 2020

Boksies

Prent
  Met erkenning aan Antoinette Veldtman B oksies. Ek weet ek gaan baie kritiek ontvang van almal wat van persoonlikheidstipes en al wat ‘n nuutste foefie betreffende persoonlike groei is, hou. Sjoe! Daar het ek reeds verklap hoe ek daaroor voel. Ek wil egter duidelik maak dat wat ek sê nie ‘n aanval op hierdie teorie ë is nie (hul het almal meriete in eie reg), maar ontvang moet word as stem van die anderkant van die skaakbord. Jare terug moes ek by ‘n personeelontwikkelingsessie opleiding kry in een van hierdie ken-jouself teorie ë . Ek kan nie die naam van hierdie teorie onthou nie, maar jy is ‘n kleur toegeken – iets soos ‘n rooi, blou of geel. Ek weet nie hoeveel hierdie persoon betaal is nie. Daar was elemente van waarheid in elemente van wat sy gesê het, maar uiteindelik as almal gaan sit en dink was daar in hulle in elk geval elemente van elkeen van daardie kleurgroepe. Was hierdie ontdekking nie iets wat jy in elkgeval voor die tyd geweet het nie? Dit is nietemin ‘n oulike...

Weet dat jy werklik werklik is.

Prent
  Foto: Marie du Plessis Weet dat jy werklik, werklik is. “Can you surround me, so I’ll know that I am really real.” – Bob Dylan As ek die dag voel dat die lewe begin om so vinnig om my te spin dat ek die kans staan om los te skeur van dit wat my geanker hou, hou ek daarvan om na Bob Dylan te luister. Sy onmelodiese stem, wat vir sommige na niks anders as ‘n gekerm klink nie, en sy oënskynlik sinnelose gerymmelary balanseer die onstuimigheid in my gemoed uit. Dit is daardie “wit geraas” vir my siel. Dit is dan as ek rustiger raak wat sy lirieke deurdring na my en ek die hartseer, die woede, die liefde en soms net die laf van sy liedjies begin begryp. Ek luister gister na ‘n minneliedjie en die slotwoorde van die liedjie, “can you surround me, so I’ll know that I am really real”, het wortel geskiet in my siel.   Dit het my laat besef dat ons vanjaar deur 'n pandemie en paniek, tot ‘n groot mate, van ons sin van real -wees beroof is. Ons is beroof van ons vaste bakens: die...

Almal se sin het 'n punt nodig!

Prent
  "Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag." (Psalm 23: 2-3) Almal se sin het ‘n punt nodig. Ek skitter nou nie juis in leesteken gebruik nie. Ek sukkel om te weet of ‘n woord los- of vasgeskryf word.   Ek is haastig en wil kommunikeer, in die proses is ek agtelosig met my komma’s en kommapunte verstaan ek nog nooit nie, maar ek weet hul bestaan, soms vergeet ek van ‘n vraagteken en redeneer my leser is slim genoeg. Die een leesteken waaroor ek seker is, is ‘n punt. Almal se sinne het ‘n punt nodig – ons het almal nodig om te weet wanneer om te stop... of om net bloot, weens die vereistes en reëls aan sinne, gedwing te word om te pouseer, vertoef en selfs vir altyd stil te bly. Daar is verskillende tipe sinne: Daar is sinne wat baie beskrywend is vol byvoeglike en bywoordelike bepalings en ook bysinne wat konteks wil skets. Hierdie sinne val hulself soms in die rede, net om by die komma weer asem te skep. As die gebruikers van sulke sinne uiteindelik...

Van slange, hutstekens en lewens wat saak maak.

Prent
Van slange, hutstekens en lewens wat saak maak. Sondagoggend en ek maak my oë oop.   Die kans van kerk toe gaan met ‘n kwota van 50 is skraal, want ek het al van vroeg af geleer om die laaste een te wees om by die kerkbanke in te sluip. My liewe en getroue eggenoot het my gebruiklike koppie koffie gebring, waarna hy weer gaan werk het.   Ek sit in die donker en teug aan my koffie, terwyl gedagtes my kant toe kom: Aan die eenkant op in persoonlike vlak gedagtes oor die Slang, oor emansipasie en grootword. Aan die anderkant oor veldtogte gedryf deur hutstekens (#) en twitter van lewens wat saakmaak of nie. Ek dink dat een van die beste lesse wat ek op Universiteit geleer het, is om nie te probeer om die gebeure in die Bybel histories korrek te bewys nie, maar die dikwelse mitiese aard en simboliese betekenis daarvan te gebruik om die boodskap relevant te maak. Die stoom van die koffie kielie my neus, soos ek dink aan die gesprek wat ek en my ouer dogter gister gehad het en ek ...

Wat bly, is geloof, hoop en liefde!

Prent
Wat bly, is geloof, hoop en liefde! Die ou mense praat altyd van hulle binneste kamer waar hul gaan om te dink oor sake en te verkeer met hul Skepper. Wel, my binneste kamer is my motor. My motor lyk soos my lewe.   Dit was eens blink, skoon en vol potensiaal. Nou is daar vlekke op die agterste sitplekke van vetkryte, waarmee jongste geteken het, en koeldrank wat gemors het; onder die sitplekke is ‘n versameling van kouse en skoene en ander dinge wat jy in ‘n noodgeval mag nodig hê. Die bakwerk van my motor is ook al gekrap en geduik – die voorkant deur my man en die agterkant deur my dogter – poëties sou ek sê. Ongeag die stampe en die “rommel”, as ek met my voet op die petrol trap, skiet my motor vorentoe en flits die beelde van berge, bome en wingerde by my verby, soos padaanwysers na my binneste kamer. ‘n Mens sou sê dat in hierdie grendeltyd-periode ons so baie isolasie en meer as genoeg stiltetyd gehad het om te dink en te kommunikeer met jou God, dat ‘n motor nie nodig i...

God in die gewone

Prent
Die Here se toe vir Moses: “Ek het die verset van die Israelite opgemerk. Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.” Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit.                                                             Eksodus 16: 11-13 God in die gewone As mense godsdiens pleeg is hulle altyd op soek na die asemrowende. Hulle wil snak na hul asems en iets groter as groot ervaar. Die waarheid, die sin van die lewe, die kennis van goed en kwaad moet altyd met luide tromme en trompet-gesang aangekondig word. Dit kan nie net rustig na jou toe aan rimpel, oor jou spoel en jou net saggies amper onsigbaar deelmaak daarvan nie. Dit is nie in die asemro...

Boekevat

Prent
Boekevat My ma was ‘n enkelmoeder en onderwyseres in die dae toe skole nog oorheers is deur ‘n sterk patriargale stelsel. Nee, wat praat ek dit was nie net die skool nie, maar die kerk en hele samelewing ook.   Die hemel en hel was nog nooit so naby aan ons, soos in daardie dae nie.   Dit is hoekom kerk toe gaan en jou saak reghou vir die onvoorsiene so belangrik was. Ongelukkig was my ma oorweldig deur haar lewe, as onderwyser het sy elke dag skool toe gejaag en laat huis toe gekom. Saterdae was gevul met sport en Sondae was nou regtig die eerste dag in die week wat sy bietjie kon inlê, maar o weë, die kerk – daarvoor was ons ook dikwels laat. Nou het my ma ook drie dogters en ‘n ou gestremde enetjie gehad en hulle moes op die smalweg gehou word.   Om haar plig na te kom het sy ons dan Sondagskool toe gery.   Ons het buite gesit, soos die stouterts wat nie verby die hekke van die hemel kan sien nie.   As die kerk klaar was, het ons mooitjies saam met die st...

"Sê nie nog 'n woord nie"

Prent
Ek het besluit om weer 'n paar van stukkies wat ek op hierdie Blog gehad het, weer te plaas. Die baie werklike moontlikheid bestaan dat die stukke binnekort in 'n boek sal verskyn. DIt is hoekom ek die afgevat het, maar ek dink tog van my kommentaartjies en staaltjies van hoe mens God in jou alledaagse lewe, in die gewone om jou ervaar, is nou meer relevant as ooit. Die Afskeid Sê nie nog ‘n WOORD nie. Daar is niks in die lewe wat mens so magteloos kan laat soos die ellende van ‘n ander nie. Dit is eintlik ‘n ongemaklike ding. Dit is soos om tiener te wees as jou bene en arms op verskillende stadiums buite verhouding lank is. Die ergste van ‘n ander se ellende is dat jy tot byspeler gereduseer word.   Dit is dikwels jou drang om nie onbelangrik te wees nie wat mens op ‘n baie lomp manier noop om te probeer om een of ander kitsoplossing te soek of met behulp van getroue godsdienstige clichès vertroosting te probeer bied. ‘n Regte staatmaker met die aanskoue of aanhoor van ...