Plasings

God in die gewone

Prent
Die Here se toe vir Moses: “Ek het die verset van die Israelite opgemerk. Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.” Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit.                                                             Eksodus 16: 11-13 God in die gewone As mense godsdiens pleeg is hulle altyd op soek na die asemrowende. Hulle wil snak na hul asems en iets groter as groot ervaar. Die waarheid, die sin van die lewe, die kennis van goed en kwaad moet altyd met luide tromme en trompet-gesang aangekondig word. Dit kan nie net rustig na jou toe aan rimpel, oor jou spoel en jou net saggies amper onsigbaar deelmaak daarvan nie. Dit is nie in die asemro...

Boekevat

Prent
Boekevat My ma was ‘n enkelmoeder en onderwyseres in die dae toe skole nog oorheers is deur ‘n sterk patriargale stelsel. Nee, wat praat ek dit was nie net die skool nie, maar die kerk en hele samelewing ook.   Die hemel en hel was nog nooit so naby aan ons, soos in daardie dae nie.   Dit is hoekom kerk toe gaan en jou saak reghou vir die onvoorsiene so belangrik was. Ongelukkig was my ma oorweldig deur haar lewe, as onderwyser het sy elke dag skool toe gejaag en laat huis toe gekom. Saterdae was gevul met sport en Sondae was nou regtig die eerste dag in die week wat sy bietjie kon inlê, maar o weë, die kerk – daarvoor was ons ook dikwels laat. Nou het my ma ook drie dogters en ‘n ou gestremde enetjie gehad en hulle moes op die smalweg gehou word.   Om haar plig na te kom het sy ons dan Sondagskool toe gery.   Ons het buite gesit, soos die stouterts wat nie verby die hekke van die hemel kan sien nie.   As die kerk klaar was, het ons mooitjies saam met die st...

"Sê nie nog 'n woord nie"

Prent
Ek het besluit om weer 'n paar van stukkies wat ek op hierdie Blog gehad het, weer te plaas. Die baie werklike moontlikheid bestaan dat die stukke binnekort in 'n boek sal verskyn. DIt is hoekom ek die afgevat het, maar ek dink tog van my kommentaartjies en staaltjies van hoe mens God in jou alledaagse lewe, in die gewone om jou ervaar, is nou meer relevant as ooit. Die Afskeid Sê nie nog ‘n WOORD nie. Daar is niks in die lewe wat mens so magteloos kan laat soos die ellende van ‘n ander nie. Dit is eintlik ‘n ongemaklike ding. Dit is soos om tiener te wees as jou bene en arms op verskillende stadiums buite verhouding lank is. Die ergste van ‘n ander se ellende is dat jy tot byspeler gereduseer word.   Dit is dikwels jou drang om nie onbelangrik te wees nie wat mens op ‘n baie lomp manier noop om te probeer om een of ander kitsoplossing te soek of met behulp van getroue godsdienstige clichès vertroosting te probeer bied. ‘n Regte staatmaker met die aanskoue of aanhoor van ...

Kanker herbesoek.

Prent
Onlangs grawe ek deur 'n hoop foto's ,soos ek weer eens skrop en uit sorteer aan my lewe.  Daar ontdek ek toe twee foto's van my, die een is geneem in 2014 ( die jaar waarin ek met kanker gediagnoseer is) en die ander in 2015 (so een maand na my kanker uitgesny is en ek op die punt was om met my behandeling te begin). Hoekom noem ek nou dit? Nee, dit is nie 'n selfbejammerende gesanik wat gaan volg nie.  Wat ek ontdek het, nou dat ek met vars oë kyk na die foto's is dat ek baie gesonder lyk in die 2015 as 2014. Vir ander mense mag dit logies klink, maar baie mense wat met borskanker gediagnoseer word, sal weet dat die diagnose dikwels 'n skok is.  Dit is nie net 'n skok omdat jy voel asof aan jou 'n doodstraf uitgedeel is nie, maar dit is 'n skok omdat jy eintlik nie gedink het dat jy siek is nie. Behalwe vir 'n knoppie of 'n onrustige stemmetjie in jou kop was daar nie erge simptome wat jou laat dink dat jy 'n potensieel lewensbedre...

Die pienk rok

Prent
Die pienk rok. My ouma het so ‘n cherise pienk huisrok gehad wat sy altyd as sy nie lus was om moeite te doen nie, gedra het. Dit was nie die mooiste rok nie en het geen spesiale stelling gemaak nie, behalwe GEMAK! Die rok het nie vorm aan haar liggaam verleen nie.   Die armholtes was bietjie groter gesny sodat ‘n luggie vrylik kon deurtrek sodat sy maklik kon afkoel as die tempratuurskommeling van die ouderdom intree. Die rok het net bo die knie gesit, sodat daar nie iets was waaroor sy, as sy kierie in hand by die gang afskuifel, kon pootjie nie. In daardie rok het my ouma ontspan oor haar ouderdom en ongemak van haar lyf. Ek en my ouma het ‘n verhouding gehad wat min of meer die vorm aangeneem het wat baie betekenisvolle verhoudings in haar lewe aangeneem het, naamlik dat ons baie gestry het. Ek het in my jeug werklik daardie pienk rok verpes. Ek het gevoel dat die ou katoenrokkie nie geskik is om enigiewers gedra te word nie. Ek sou nooit durf om dit vir haar te sê, w...

Van Vasdans en Val

Prent
As daar iets is wat ek nie eintlik kan doen nie is dit dans of eintlik vasdans, anders genoem sokkie. In my jeug kon ek fantastiese bewegings op die planke uitruk van my bewegings was aanskoulik en ander net bloot vermaaklik. Ek moet erken dat ek mal was oor hop-en-bob, maar om te beweeg na waar ‘n ander my stuur, was nog nooit my sterkpunt nie. Vasdans vereis vertroue en ‘n oorgawe van beheer en daarmee is ek nie goed nie. In my lewe het ek ‘n bittersoet verhouding met dans en probeer al van ‘n baie jong onderdom leer hoe om my liggaam in harmonie met die musiek te beweeg, maar sukses is nie altyd myne nie. Ek dink ek was in graad een of klas een in daardie dae, toe ek begin het met balletlesse. My ma het gedink dat dit ‘n goeie manier vir my sal wees om myself uit te druk. Ek was ook op daardie stadium so ‘n maer tinktinkie dat om te tol en te draai die natuurlike keuse vir my was. Ek het dit baie geniet en goed gevaar in my aanvanklike eksamens. My dansjuffrou het ook vir m...